Buscar
Cód:
491_9783907128497

Por: R$ 311,96ou X de

Comprar
Die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van "daardie tye" is hier so noukeurig as moontlik aangeteken. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure baseer besonders op die baie noukeurige dagboeke, die talle briewe en foto's van Hermann Deetlefs en Elisabeth Deetlefs-Reimer. Groot moeite is gedoen om so korrek as moontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee. Vandag is dit maklik om die genoemde feite per Internet te ondersoek.Natuurlik is daar altyd twee of selfs meer weergawes van hierdie historiese werklikheide: Die wetenskaplik neutrale en die polities gekleurde. Daar is altyd daarna gepoog om die neutrale feite te gebruik, ook dan, wanneer die neutrale feite die een of ander party nie gepas het nie. Baie dinge stem nie meer met die moderne sieninge van vandag ooreen nie, maar, dit is juis waaroor dit gaan: Die minirokkie en nog meer die "skandalige" Bikini was destyds groot nuus, vandag nie. Dit as voorbeeld. Ook is dit 'n feit dat nie alle bewerings geboekstaaf kan word nie. Baie berus maar op gerugte en bespiegelinge van daardie dae. Dikwels was dit ook maar net gesprekke in die teenwoordigheid van die seun en eie dagboek-aantekeninge wat vir inligting gesorg het.Persone wat op hul voornaam en van genoem of waar die van met 'n hoofletter aangedui word, is histories en so ver moontlik korrek weergegee. Persone wat net met voorname genoem word, is histories korrekte karakters en het wel bestaan of is die samevoeging van twee of meer "egte" persone van daardie tyd. Dit geld ook veral vir die lewensverhale van Hermann en Elisabeth Deetlefs self: Daar is net onbelangrikhede weggelaat. Hul goed gedokumenteerde lewensgeskiedenisse is al "storie genoeg" maar tog waar van die begin tot die einde. Dit is vanselfsprekend dat ook fiktiewe brûe gebou moes word om die informasie sinvol te verbind. Maar ook in die fi
Veja mais

Calcule o valor do frete e prazo de entrega para a sua região

Quem comprou também comprou

Quem viu também comprou

Quem viu também viu